Published Work

Elizbe & Manie op Mooitroues

Elizbé en Manie se trou dekor en kleurskakerings wat eenvoudig en het bestaan uit Marsala en donker groen elemente. Alles het so mooi ingepas by die skakerings van oranje van die omgewing waarin hul getrou het soos die sand asook die rou baksteen van die venue.

Al die verskillende elemente het so mooi bymekaar gekom. Van die strooimeisie rokke tot Elizbé se pragtige trourok en Manie se troupak. Die groen landelike tonele as agtergrond het jou weggeneem na ʼn ander wêreld.

Karl-Hein & Zane op Mooitroues

Die paartjie se baie oulike intieme troue sal jou tonne inspirasie gee vir jou troue.

Hierdie paartjie het definitief ʼn interessante liefdesverhaal en storie van hul troudag, so jy moet dit nie misloop nie. Van hul trouplanne wat moes verander as gevolg van die Korona-virus, tot ʼn trouring wat verlore raak. Rol af om meer te lees oor Karl-Hein en Zané se Boheemse plaastroue hieronder.


Kobus & Chane op Mooitroues

Kobus en Chané se plaasverlowing in Pongola is prentjie mooi natuurtonele. Die fotosessie was op Chané se ouers se wildplaas in KwaZulu-Natal geneem. Pangola is in KwaZulu-Natal, net Suid van eSwatini. Daar is net so ʼn rustigheid wanneer dit kom by die plaaslewe. Daarom is dit lekker om fotosessies op plase te sien. Die kontras van die mooi aangetrek en versorgde paartjie in die pragtige plaas landskappe werk net so mooi saam.

Niël en Anica op Mooitroues

Niël en Anica se troue was ‘n informele, buitelug samekoms van vriende en familie wat die twee se liefde vir mekaar wou vier. Hulle het as paartjie besluit om weg te skram van idee van ‘n formele geleentheid en daarom gaste aangemoedig om informeel te wees met hekkiemerkerinstellings soos #geenpakkegeenhakke. Mooi Troues is veral ook mal oor hoe die venue afwisselende stoele gebruik wat sommer ‘n tikkie ekstra karakter tot die troue gevoeg het.

Chris & Celize op Mooitroues

Chris en Celize wou totale kreatiwiteit hê op hul troudag en het dit gevind hier in die bosveld. Hulle troue was ‘n kleurskema van wit met groen eukaliptus blare en ander blomme as versiering. Die dekor was eenvoudig en het gesorg dat die klem gelê word op die geleentheid en die venue se natuurlike natuurskoon. Gaan kyk mooi na al die dekor items wat gebruik is, dalk word jy inspireer en kan ook soos die paartjie selfs nog ‘n paar rand terug steek in sak. 

Cobus & Ebet op Mooitroues

Cobus en Ebet het eers later agtergekom dat hulle vir mekaar bedoel is. Nou is hulle doodseker dat hulle die res van hul lewens net met mekaar wil deel. Ebet se droom troue het ʼn werklikheid geword die dag toe sy in haar pa se skuur kon trou op hul plaas. Al was die geleentheid binne ʼn skuur gehou, het dit enige iets behalwe afgeskeep gelyk! Onder kan jy meer sien van die natuurlike aanslag wat Cobus en Ebet tot hul troue gevoeg het en hoe hulle die dekor elegant en tydloos laat lyk het.

Ruben & Marchanne op Mooitroues

Op die mooi dag trou sweer Ruben en Marchanne ewige trou aan mekaar voor al hul vriende en familie op ‘n landgoed in die Vrystaat. Die provinsie het mooi plekke waar paartjies kan trou met skilderagtige agtergronde wat vir mooi kiekies maak om verewig die spesiale oomblikke te onthou soos jul onder sal sien waar Ruben en Merchanne verlief poseer met die Maluti Berge en As Rivier in die agtergrond.