Moedersdag
Mini Sessies
Hierdie Moedersdag wil ek iets spesiaals doen vir al die mamma’s 🤍
Net ’n lekker kort studio fotosessie van 20 minute.
Bespreek jou 20 min sessie vir R380 en mamma kry iets om te drink, komplimentêr by Nonnetjie
Hierdie sessies is nie net vir mamma’s met klein kinders nie, dit is vir enige fase van mamma-wees.
Of dit nou saam met jou ouer kinders is, ’n swangerskap, mamma en ouma of net jy as mamma…
almal is welkom.
Slegs vir groepe van 1-5 persone per sessie.
wat is n mini Sessie
As jy nie seker is wat ’n mini sessie is nie, dis basies net ’n korter, meer ontspanne sessie.
Jy kan kom as:
• Mamma alleen
• Mamma met jou kinders
- Mamma & Ouma
• Net die kinders as ’n oulike verrassing vir mamma
Dis net oor daai klein, egte oomblikke wat jy eendag gaan wil onthou.
Hier is n idee en inspirasie van hoe die agtergrond vir die dag gaan lyk:
 
DIE VOORDELE VAN ’N MINI SESSIE
 
Bekostigbaar
Mini sessies is ’n meer bekostigbare opsie as ’n vol fotosessie, maar jy kry steeds daai mooi, betekenisvolle foto’s. Perfek as jy iets spesiaals wil hê sonder om te veel te spandeer.
 
 
Vinniger
Net 15-20 minute, vinnig genoeg vir besige mamma’s en kinders met min geduld. Dis maklik om in te pas in jou dag, en voor jy jou oë uitvee, is ons klaar met ’n klomp mooi oomblikke vasgevang.
 
7 - 9 Mei 2026
- Datums: 7, 8 & 9 Mei 2026
- Waar: Tales of Light Studio - Senekal Sentrum, langs Nonnetjie
- 15-20 min
- Koste: R380 per 20 min sessie
- 15+ Digitale Fotos
Die Tema
Die tema is lig, sag en natuurlik, met skoon wit, warm beige en sagte room kleure wat alles rustig en tydloos laat voel.
Ons werk met vloeiende drapering, sagte teksture en blomme wat hang en subtiel in die spasie geplaas word. Die opstelling sal eenvoudig wees, maar vol gevoel, met ’n bankie, ottoman of stoel wat dit alles saambring.
Alles is ontwerp om lig mooi te vang en die fokus op julle en julle verbinding te hou.
FAQ
 
IS DIT SLEGS STUDIO SESSIES?
Hierdie mini sessies is slegs vir die studio-opstelling. Later die jaar sal daar ook buitesessies beskikbaar wees.
HOEVEEL FOTOS GAAN EK KRY?
Julle sal ongeveer 15 foto’s per sessie ontvang. Indien julle meer foto’s wil hê, is daar ook ’n opsie om die volle gallery aan te koop teen ’n ekstra R250
HOE BESPREEK EK MY SESSIE?
Die sessie kan bespreek word deur op die “Bespreek jou sessie”-skakel te kliek, waar jy self jou tyd kan kies. Alternatief kan julle vir my ’n WhatsApp stuur om direk te bespreek
Wanneer sal ons die fotos kry?
Die foto’s sal binne 24–48 uur beskikbaar wees via ’n skakel wat julle per e-pos en WhatsApp ontvang.
Wat om aan te trek?
Hou dit lig en eenvoudig: sagte, neutrale kleure werk die mooiste vir hierdie tipe sessie.
Dink aan wit, room, beige en ligte aardkleure. Vloeiende materiaal, sagte teksture en eenvoudige uitrustings werk perfek en laat alles mooi saamvloei met die stel.
Probeer om harde patrone, helder kleure en groot logo’s te vermy, sodat die fokus op julle en julle verbinding kan bly 🤍
 
Follow us on Instagram